CERES PRIMêR VISIE EN MISSIE


1. DOELWITTE:

1.1 Om alle leerders in die skool ‘n gelyke kans te gee om deel te neem aan perdry en selfvertroue te kweek.
1.2 Om ‘n liefde vir diere aan te kweek.
1.3 Om vir die leerders met spesiale talent in perdry ook geleentheid te gee om te presteer.
1.4 Bevrediging van die leerder se behoeftes aan sosialisering, prestasie en hantering van sukses en ook teleurstelling.

2. BYEENKOMSTE:

2.1 Die leerder sal deelneem aan alle byeenkomste soos deur SANESA bepaal. Die leerder moet egter die skool verteenwoordig en in die skoolkleure deelneem om in aanmerking te kom vir prestasietoekennings.

3. VRIENDELIKE BYEENKOMSTE:

3.1 Gedurende die jaar sal vriendskaplike byeenkomste plaasvind soos deur die onderskeie ryskole bepaal word. Die ruiter moet self sorg dat hulle die datums bekom omdat die skool nie altyd hierdie datums ontvang nie.

4. AFRIGTING:

4.1 Die skool beskik nie oor ‘n afrigter nie. Leerders skryf by ryskole in. Die verskillende skole se reëls i.v.m. afrigting moet gevolg word. .

5. BEFONDSING:

5.1 Borge kan genader word vir medaljes and trofeë.
5.2 Die ruiter is self verantwoordelik vir inskrywingfooie van die verskeie skoue en byeenkomste

6. KLEREDRAG:

6.1 Gedurende SANEF se skoue mag die leerders hulle skool met hulle skooldrag verteenwoordig bv: in hulle skoolhemde, baadjies of sweetpak baadjies.

7. VERVOER:

7.1 Leerders is aangewese op eie vervoer vir deelname aan klasse asook skoue.

8. SKOOLVERTEENWOORDIGER

8.1 Die skool beskik nie oor ‘n afrigter nie. Daar word ’n onderwyser aangewys om as verteenwoordiger tussen die skool en ryskole en die vereniging op te tree.
8.2 Die verteenwoordiger ontvang alle fakse en korrespondensie en hou die sportbestuurder en die hoof op hoogte.
8.3 Daar word van die verteenwoordiger verwag om die kompetisies waaraan ons skool se leerders deelneem by te woon.
8.4 Dit is die verteenwoordiger se plig om die uitslae aan die sportbestuurder, koerant en webblad te voorsien. Hy/ sy reël ook die terugvoering tydens saalopeninge.

8. OUERS EN TOESKOUERS:

8.1 Ouers se gedrag moet altyd positief en opbouend wees.
8.2 Ouers se ondersteuning asook toeskouers word te alle tye hoog op prys gestel.

9. OEFENING:
Word bepaal deur elke leerder soos dit hom of haar pas.